Mevrou Mevrou

17 Sep Mevrou se nuwe seisoen

19 MIN
Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos. Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker … totdat een oor haar woorde struikel. * Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
AF  SOUTH AFRICA