28 Apr Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het
27 MIN
Download (12.8 MB)
Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper af in die straat.
Agter die helder verf op die haarkapper se muur het 'n donker boosheid egter geskuil, wat in 2017 aan die lig gekom het.
Die soektog na 'n vermiste jong meisie en 'n polisieklopjag sou die waarheid oor 'n gruwelike menshandel netwerk oopvlek.
AF
SOUTH AFRICA